Laat God se liefde die verlede genees

Laat God se liefde die verlede genees

“Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word”. Efesiërs 3:19 NLV

In die vroeë jare van ons huwelik het ek en Dave baie rowwe tye beleef. Baie daarvan was as gevolg van die feit dat ek nodig gehad het dat God my genees van my seer verlede van seksuele, emosionele en verbale mishandeling deur my pa. Na baie trane en moeilike keuses om te vergewe in plaas van wraak neem, het God my deur die genesingsproses gebring en ook my getuienis begin gebruik om ander te genees.

Wanneer God jou genees van jou seer verlede, wil Hy nie net vir jou help nie, maar Hy wil jou ervaring ook gebruik om vir ander ‘n pad van genesing te bied.

Uiteindelik het ek op ‘n punt gekom waar God my en Dave gelei het om my ouers na St. Louis te verhuis en selfs vir hulle ‘n huis te koop, en dit was vir my baie moeilik. Maar my pa het op die ou end vir my kom jammer sê oor alles wat hy gedoen het en hy het Jesus in sy hart aanvaar.

Ek het ‘n nuwe vlak van emosionele gesondheid ervaar omdat ek God toegelaat het om my te genees deur die krag van vergifnis en om my genesing te gebruik om my pa te genees.

Ons kan almal seer hê op verskeie maniere: eensaamheid, teleurstelling, vrees en onsekerheid het die vermoë om ons diep seer te maak. Ek kon nie verby die seer van my verlede kom totdat ek nie eers God se liefde ervaar het en Hom toegelaat het om alles te verander nie.

Voordat jy verby jou pyn kan beweeg en ander te kan vergewe, moet jy eers God se liefde ervaar. En as jy besig is met die pyn van jou verlede, onthou dat God jou diep lief het. Die Bybel sê dat ons is slegs heel wanneer ons die liefde van Christus ervaar, wat so groot is dat ons dit nooit sal kan verstaan nie. As jy Sy liefde ontvang het, sal genesing in jou hart begin en jy sal heelgemaak word met die volheid van Sy lewe.


Gebedsbeginpunt

Here, ek glo dat U my kan help om al die seer van my verlede te oorkom en dat U my genesing kan gebruik om ander te genees. Help my om die liefde van Christus te ervaar en maak my heel met al die volheid van U lewe en krag.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon