Laat jou ‘ja’ jou ‘ja’ wees

‘Sorg dat julle ja altyd ja bly en julle nee altyd nee. Enigiets meer as dit is uit die bose.’ – Matteus 5:37

Nie baie lank gelede nie toe ’n mens se woord nog jou eer was, was dit ondenkbaar om nie jou woord te hou nie. As mense toe ’n saketransaksie aangegaan het, was ’n kontrak van twintig bladsye lank wat elke be­sonderheidjie beskryf, nie no­dig nie. Hulle het bloot ’n ooreenkoms gemaak en hande geskud.

Om integriteit te hê verg eerlikheid van jou, en dat jy in elke situasie die regte ding doen. Jy kan ander nie die regte ding máák doen nie, maar jy is verantwoordelik teenoor God en jouself om die regte ding te doen. Jy moet nooit die soort mens wees wat sê: ‘Almal doen dit (vertel leuens, verkul, en so meer), so wat is die pro­bleem?’ nie. Selfs al hou niemand in die hele wêreld hul woord nie, moet jy steeds joune hou – omdat dit die regte ding is om te doen.


Kraggedagte

Ek is getrou aan my woord.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon