Leef in die nou en ervaar God se vrede

Leef in die nou en ervaar God se vrede

“Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin”. Johannes 16:33 NLV

Om ‘n kalm en vredevolle gesindheid te hê is van onskatbare waarde. Dit is ‘n gesindheid wat sê: “Ek vertrou op God” en dit praat kragdadig met mense.

Maar dit vat tyd, fokus en God se genade om konstant in vrede te leef.

Te veel kere is ons spanningsvlakke gekoppel aan ons omstandighede. Jy kan dalk stres want jy is altyd besig of jy sukkel finansieël of jy kom nie oor die weg met iemand wat jy lief het nie.

Om spanning werklik te oorwin in ons lewens, moet ons leer om die vrede te beoefen wat reeds vir ons voorsien is deur die oorwinningskrag van Jesus.

Een manier om konstante vrede te hê is om “in die nou” te leef. Ons kan baie tyd spandeer deur om aan die verlede te dink of om te wonder wat die toekoms inhou… maar ons gaan niks uitrig as ons gedagtes nie gefokus is op vandag nie.

Die Bybel sê dat God ons genade gee vir elke dag wat ons lewe. Ek glo God se genade is die krag wat ons in staat stel en energie gee om te doen wat ons moet doen – en Hy gee dit ten volle soos ons dit benodig.

Elke dag moet ons sê: “God het my vandag gegee. Ek sal myself verheerlik daarin en bly wees”.

As jy kan leer hoe om God te vertrou “in die nou”, om Sy genade te ontvang soos jy dit benodig, kan jy ‘n mens van vrede word, en dit dra baie krag.


Gebedsbeginpunt

God, ek weet dat U elke struikelblok oorkom het, so ek vra dat U my sal help om in die vrede te leef wat U vir my voorsien het. Wys my hoe om U te vertrou terwyl ek “in die nou” leef.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon