“Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg.” —Psalms 37:5 NLV
Jy kan jou lewe baie vereenvoudig deur net te leer om op God te vertrou. Te veel kere laat ons onsself nie toe om op God te vertrou nie. Miskien is jou vertroue al te veel keer in die verlede gebreek of miskien is jy ‘n baie onafhanklike persoon. Selfs daarin, is dit so belangrik om te leer hoe om God te vertrou.
Dit is maklik om uitgestres en moeg te raak, om te probeer om die lewe op jou eie te laat werk, maar dit werk nooit nie. En God se plan is altyd beter as joune. Die persoon wat op God vertrou weet dat Sy manier die beste is.
Maar vertroue gebeur nie net sommer nie. Vertroue groei soos ons klein stappies van geloof neem en God se getrouheid ervaar. Jy moet teen twyfel, vrees en selfs jou groot onafhanklikheid gaan om ‘n lewe van totale vertroue op God in te gaan. Wanneer jy dit doen, sal jy nie so baie hoef te sukkel om jou lewe te maak werk nie.
Om op God te vertrou bring ‘n bonatuurlike rus na ons siele, en dit laat ons toe om eenvoudig en vry te leef, die manier wat Hy wil hê ons moet leef.
So selfs al maak dit nie sin nie, vertrou Hom en ervaar Sy vryheid en rus.
Gebedsbeginpunt
God, U manière is baie beter as myne en ek weet dat om op my eie krag staat te maak gaan my nerens bring nie. Ek plaas my vertroue in U. Selfs al maak dit nie sin nie, ek kies om op U te vertrou, wetende dat U U planne sal laat geskied.