‘En ek sal terugsit en vir myself sê: Jou gelukkige kêrel! Jy het genoeg gebêre vir die jare wat voorlê. Ontspan nou! Eet, drink en wees vrolik!’ – Lukas 12:19
Een van die hoofredes vir ongelukkigheid is dat ons nie tevrede is met onsself nie. Ons is dalk ontevrede met ons voorkoms, ons talente of ons vlak van volmaaktheid. Ons vergelyk onsself met ander in plaas van om gelukkig te wees met die mens wat ons veronderstel is om te wees.
Ons maak almal foute en hoewel ons graag ernstig wil wees oor die veranderings wat nodig is in ons lewe, is dit ook goed om te leer om vir onsself te lag en nie so ernstig te raak oor elke klein foutjie wat ons maak nie. Die beste ding wat jy kan doen, is om te ontspan en jouself nie so ernstig op te neem nie!
Jy is meer by ‘jou’ as by enigiemand anders, en as jy kan leer om jou eie geselskap te geniet, sal dit jou lewenskwaliteit baie verbeter. Leer om jouself te geniet!
Kraggedagte
Ek geniet my eie geselskap; ek geniet dit om myself te wees!