Leer om te wag

Leer om te wag

“Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.” —Jesaja 40:31 NLV

Mense vra my gereeld: “Hoe kan ek verseker weet of ek werklik van God hoor en of ek dit net opmaak?”

Ek glo die antwoord is om te leer om te wag. Met groot besluite voel ons baie keer die behoefte om te jaag. Ons moet iets doen en dadelik! Maar goddelike wysheid sê vir ons om te wag totdat ons ‘n helder prentjie het van wat ons moet doen en wanneer ons dit moet doen.

Ons moet elkeen die kapasiteit ontwikkel om ‘n stappie terug te vat en elke situasie van God se oogpunt te benader. Net dan kan ons besluite maak op die manier wat Hy wil hê ons moet.

Krag lê in die wag. Wanneer jy wag op die Here, kan jy in jou gees begin ervaar wat die Here wil hê jy moet doen…nie wat jy dink Hy wil hê nie.

Wanneer jy voor ‘n moeilike besluit staan, is dit wys om te wag totdat jy ‘n helder antwoord het voordat jy ‘n stap neem wat jy dalk mag berou.

Dit mag dalk ongemaklik voel en jy wil dalk jaag, maar moenie toelaat dat druk die oorhand kry bo-oor wysheid en kennis van God nie.


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil nie so opgesweep raak in die hitte van die oomblik dat ek ‘n besluit maak wat ek berou nie. Herinner my daaraan om daagliks op U te wag. Dit mag dalk moeilik wees, maar om U wysheid en kennis te ontvang is die moeite werd.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon