
Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie. – Jakobus 1:4
Geduld is uiters belangrik vir mense wat God wil verheerlik en hul lewe wil geniet. As ’n mens ongeduldig is, is jy geneig om emosioneel verkeerd te reageer wanneer sekere situasies opduik. Wanneer jy volgende keer vir iets of iemand moet wag, moenie dadelik reageer nie – praat eers met jouself. Probeer só dink: Om ontsteld en ongeduldig te raak, gaan niks aan die saak verander of die tyd gouer laat verbygaan nie; ek kan netsowel die wagtyd geniet. Sê dan hardop: ‘Ek ontwikkel geduld terwyl ek wag, daarom is ek dankbaar vir die situasie.’ Wanneer jy dit doen, reageer jy in ooreenstemming met God se Woord eerder as om te reageer volgens die omstandighede.
Kraggedagte
Ek ontwikkel geduld terwyl ek wag, daarom gaan ek die wagtyd geniet.