Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom (Filippense 4:11)
Die Bybel leer ons om tevrede te wees, ongeag wat ons omstandighede mag wees. Tevredenheid is ‘n besluit om gelukkig te wees met wat jy reeds het. Ongelukkig leer ons gewoonlik om tevrede te wees deur lank ontevrede lewens te lei en dan uiteindelik te sê, ”Here, ek wil nie meer so lewe nie.” Dit hoef nie so te wees nie.
Jy kan kies om elke dag tevrede te wees, vanaf vandag. Dit is nie verkeerd om dinge te wil hê of om te wil hê dat jou lewe moet verander nie, maar ons moet tevrede wees waar ons is terwyl ons kom waar ons wil wees.
Wanneer ons iets so graag wil hê dat ons voel ons kan nie gelukkig wees daarsonder nie, dan het dit opgehou om ‘n begeerte te wees en het dit ‘n vurige begeerte geword. Dinge het nie die krag om ons vir baie lank gelukkig te hou nie, maar God kan ons tevredenheid gee wat ons verstand te bowe gaan.
Vandag se Gedagte
Soms vra ons God vir wat ons wil hê, en Hy gee vir ons wat ons nodig het.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer 1 Timoteus 6:6-8; Hebreërs 13:5