Leer om tevrede te wees in elke situasie

Leer om tevrede te wees in elke situasie

“Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.” —Filippense 4:11 AFR53

Die Bybel leer ons om tevrede te wees maak nie saak hoe ons omstandighede lyk nie. Die apostel Paulus het geskryf, dat hy dit nie sê omdat hy iets tekort kom nie, maar dat hy geleer het om onder alle omstandigheid tevrede en vergenoegd te wees.

Vergenoegdheid is ‘n besluit om gelukkig te wees met wat jy reeds het. Ongelukkig leer ons gewoonlik om tevrede te wees nadat ons vir lank met ontevredenheid geleef het. Dan sê ons uiteindelik, “Here, ek kan nie meer so leef nie”. Maar dit hoef nie so te wees nie.

Jy kan kies om elke dag tevrede te wees. Dit is meer werd as al die materialistiese besittings wat jy in ‘n leeftyd kan bekom.

Paulus het dit duidelik gemaak toe hy in 1 Timótheüs 6:6 skryf dat godsaligheid saam met vergenoegdheid ‘n groot wins is.

Wat sal ons werklik gelukkig maak? Om vergenoegheid in die Here elke dag te kies. Sê vir die Here: “Here, ek wil net hê wat U wil hê ek moet hê”, dit is die enigste manier na werklike vrede en geluk.


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil net hê wat U vir my wil hê. Soos die apostel Paulus, kies ek om vergenoeg in elke omstandigheid te wees.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon