Lewe Toegewyd aan God

Deur wat Christus gedoen het, het God ons uitgekies. Omdat Hy ons liefhet, het Hy ons, al voor die wêreld gemaak is, uitgekies om Syne te wees en onberispelik in liefde voor sy aangesig te lewe. (Efesiërs 1:4)

Om alles te doen soos vir die Here met jou hele hart is een kenmerk van ‘n toegewyde lewe. Dit is een manier waarop ons kan sê: ”God, ek behoort aan U.” Toewyding bring seën. Dit is ‘n eer om jou lewe vir die Here te gee.

Die apostel Paulus skryf, ‘’ Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik (1 Korintiërs 6:19-20).

Ons is gekoop teen ‘n prys – die bloed van Jesus Christus. God het ons vir Homself gekoop. Ons behoort nie meer aan onsself nie; ons behoort aan God en ons daaglikse doel moet wees om Hom in alles te volg en te dien.

Om vir God ja te sê, vereis dikwels dat ons vir onsself nee sê, maar soos ons dit doen, word ons vreugde en vrede vermeerder.


Vandag se Gedagte

Wat jy ook al vandag doen, doen dit vir die Here omdat jy Hom liefhet en Hom wil behaag.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Markus 8:34; Psalm 100:3

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon