“wat reg laat geskied aan verdruktes, en kos gee vir dié wat honger is. Die Here bevry die gevangenes. Die Here laat die blindes weer sien. Die Here ondersteun dié wat swaarkry. Die Here het die regverdiges lief. Die Here beskerm die vreemdelinge. Hy ondersteun weeskinders en weduwees, maar die pad van bose mense maak Hy skeef.” Psalms 146:7-9 NLV
God praat baie in die Bybel oor ons verantwoordelikheid teenoor die verdruktes, die wat honger is, weduwees, weeskinders, die sonder pa’s en vreemdelinge. Hy noem die wat alleen is, afgeskeep, vergete en gedevalueerdes. Hy gee baie om vir die wat verdruk en honger is.
Mense kan honger in baie manière wees. Hulle mag dalk baie kos hê maar hulle is so honger om waardevol te voel en liefde te ervaar. God lig daardie op wat teneergedruk is, Hy beskerm die vreemdeling en ondersteun die weeskinders en weduwees.
Hoe doen Hy dit? Hy werk deur mense. Hy het toegewyde mense nodig wat wat sal lewe om ander se behoeftes te bedien.
Moeder Teresa het een keer gesê: “Moenie dink dat liefde, vir dit om werklik te wees, buitengewoon hoef te wees nie. Wat ons nodig het om lief te hê is om nie moeg te word nie.”
Ek het begin verstaan dat baie mense wat ons elke dag op ons pad raakloop is net besig om te oorleef totdat iemand hulle red – en daardie persoon kan ek of jy wees. Kom ons laat toe dat die Here se liefde vir die gebrokenes deur ons werk, om in die behoeftes van die wat geestelik, emosioneel en fisies seer is, te voorsien. Kom ons hê lief sonder om moeg te word.
Gebedsbeginpunt
Heilige Gees, bekragtig my om lief te hê sonder om moeg te word. Gee my U hart vir die gebrokenes en wys my hoe om in hul behoeftes te voorsien.