Loof God in jou gevangenisskap

Loof God in jou gevangenisskap

‘’Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister.  Skielik kom daar ’n groot aardbewing sodat die fondamente van die tronk geskud het. Al die tronkdeure het oopgevlieg en al die gevangenes se kettings het losgekom!’’ —Handelinge 16:25-26 NLV

Somtyds bevind ons onsself in sulke aaklige situasies dat dit moeilik is om te dink dat ons nog langer kan wag om daaruit te kom. Maar ons moet wag en vertrou op Hom met eenvoudige geloof. Dan, op ‘n manier wat ons nooit aan kon dink nie, kom Hy deur! Paulus en Silas het geweet wat wag is, en hulle het gewag. In Handelinge 16 word daar vertel hoe hulle aangeval was deur die skare, geslaan was en in die tronk gegooi is.Vers 24 sê die tronkbewaarder het hulle in die binneste sel gegooi (put) en hul voete in houtblokke vasgeklem. Paulus en Silas het gelyk of hulle nie omgegee het nie – hulle het besluit om te sing en God geloof en geprys. Toe begin hul wag op God. Skielik het daar ‘n aardbewing gekom wat die tronkdeure laat oopvlieg het en al die gevangenes se kettings het losgekom. Hy het hul vrygelaat! Wanneer mense geduldig en met verwagting op die Here wag midde-in hul aaklige omstandighede, breek God deur. Moenie moed verloor nie! Moenie ophou om te glo nie! Bly vol hoop en verwagting. God se krag is onbeperk en Hy sal deurkom vir jou.


Gebedsbeginpunt

Here, maak nie saak hoe sleg my omstandighede is nie, ek kies om U te loof in my gevangenisskap. Ek weet U sal deurkom vir my wanneer die tyd reg is om my vry te laat

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon