‘’Na die aardbewing was daar ’n vuur, maar die Here was nie in die vuur nie. Na die vuur was daar die geluid van ’n sagte gesuis.’’ – 1 Konings 19:12 NLV
Om vrede in ons lewens te vind, moet ons eenvoudig gehoor gee aan die aansporings wat God elke dag aan ons gee. ‘n Aansporing is ‘n ‘’wete’’ diep binne-in ons, wat ons vertel wat om te doen. 1 Konings 19:12 verwys na hierdie wete as ‘n stil, klein stemmetjie. ‘n Aansporing is nie ‘n klap op die kop met ‘n hamer nie! In 1 Konings het die Here nie die groot en sterk wind, die aardbewing of die vuur gebruik om Elia aan te spoor nie. Sy stem het na Elia gekom as ‘n sagte gesuis en ‘n stil, klein stemmetjie. ‘n Aansporing hoef nie eens ‘n stem te wees nie. In werklikheid gee God dikwels rigting deur in jou hart te praat as met ‘n stem. As ons net leer om na God te luister en te doen wat Hy sê, sal ons agterkom dat dit goed gaan met ons. Ongeag die situasie, ons moet na God luister en Sy stem gehoorsaam. Jy verstaan miskien nie die redes waarom God jou vra om sekere dinge te doen nie, maar as jy na Sy stem luister en Sy leiding gehoorsaam, sal jy in Sy vrede kan rus. So luister!
Gebedsbeginpunt
Heilige Gees, help my om elke dag mooi te luister om U aansporing in my hart te hoor. Ek wil U vrede hê, so ek sal na U luister.