Maak God jou bron van aanvaarding

Maak God jou bron van aanvaarding

“Die Here, die Almagtige, is by ons. Ons skuilplek is die God van Jakob. Sela.” —Psalms 46:12 NLV

‘n Epidemie van onsekerheid in vandag se samelewing is besig om die lewensvreugde uit mense se lewens te steel, en dit veroorsaak groot probleme in hul verhoudings.

Ek ken die impak van wat onsekerheid op mense se lewens kan hê omdat ek self dit ervaar het. Ek weet wat dit aan ‘n mens doen.

Mense wat onseker oor hulself is, soek gewoonlik aanvaarding by ander, sodat hulle oor hul gevoelens van verwerping en lae self-beeld kan kom. Hulle is verslaaf aan ander se aanvaarding.

As ons met onsekerheid sukkel, is die enigste ding wat ons werklik vry gaan maak, God se waarheid. Die waarheid is dat ons nie hoef te sukkel met die goed wat God ons vryelik gee nie: liefde, aanvaarding, sekuriteit en waarde.

Hy is ons Skuilplek, ons Rots en ons Bergvesting, waar ons kan wegkruip en veilig wees (sien Psalms 9:9; 31:4; 32:7; 37:40; 46:11). Ons waarde en aanvaarding kom van Hom. Solank as wat ons dít het, het ons alles wat ons in die wêreld nodig kan hê.

Soos jy na Hom kyk, sal jy na nuwe vlakke van vryheid beweeg en vol vertroue en volwassenheid wees soos die mens wat jy gemaak was om te wees.


Gebedsbeginpunt

Here, ek kyk na U vir sekerheid en vertroue. Ek fokus op die waarheid – U is my Rots en my Skuiling. U gee my liefde en aanvaarding. In U alleen is ek vol vertroue.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon