Maak jou hart van deernis oop

Maak jou hart van deernis oop

‘’Iemand wat ryk is aan aardse lewensmiddele en sy broer of suster sien gebrek ly, maar weier om ’n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon? Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings.’’ —1 Johannes 3:17-18 NLV

As Christene plaas God medelye in elkeen van ons, maar dit is vir ons om te besluit of ons ons harte toemaak of oopmaak om dit te ontvang.  Ek het gevind dat die een ding wat my hart van deernis regtig oop hou, is om ernstig na te dink oor die behoeftes wat daar tans in die wêreld is. Ons moet ons gedagtes rig op diegene wat minder gelukkig is as wat ons is, en ons harte oopmaak vir diegene wat swaarkry.

Lees 1 Johannes 3: 17-18. Ek is baie lief vir hierdie Skrifgedeeltes omdat dit spesifiek daarop neerkom om te sê dat as ek ‘n behoefte sien, ek dit nie net as iemand anders se verantwoordelikheid kan oordra nie. Ek kan ook nie dink dat die behoefte so groot is dat ek niks daaraan kan doen nie, wat nie waar is nie. Ek het in ons bediening gevind dat alhoewel ek en jy nie alles kan doen nie, kan ons iets doen. En die iets wat ons kan doen, is om mense hoop te gee.

Ek bid dat jy sal toelaat om jou hart van medelye nog groter oop te maak vir die desperate behoeftes van mense regoor die wêreld.


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil nie selfsugtig leef en onbewus wees van die behoeftes van ander nie. Ek maak my hart oop om U medelye te ontvang sodat ek ander kan help.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon