Selfversekerd, Stabiel en Meer as ‘n Oorwinnaar

Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd. (1 Korintiërs 15:58)

Die Woord van God sê vir ons dat ons meer as oorwinnaars is (sien Romeine 8:37). Ek glo dit beteken dat ons seker is van oorwinning nog voor ons ’n probleem het.

Oorwinnend word ons nuwe identiteit as kinders van God, Ons hoef nie met ‘n slagoffermentaliteit te leef nie, want ons is vol vertroue dat ons op die ou end altyd wen. Om ten volle oortuig te wees van ons oorwinning in Christus laat ons stabiel en kalm wees, selfs te midde van moeilike omstandighede.

Die apostel Paulus het gesê ons kan mense wees wat standvastig, onbeweeglik en altyd oorvloedig is in die werk van die Here. Wat ‘n wonderlike beskrywing van wat dit beteken om Jesus te volg! Dit is presies hoe ‘n mens wat God die fondament van sy lewe gemaak het, kan leef.


Vandag se Gedagte

Wanneer jy die vertroue het dat God in beheer is, is jy geanker en veilig omdat jou hoop in die Here is.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Deuteronomium 20:4; Psalm 108:13

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon