Moenie bekommerd wees nie…aanbid!

Moenie bekommerd wees nie…aanbid!

“Beproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou!” —Psalms 34:9 NLV

Ek onthou ‘n oggend wat ek gaan sit en bid het en in plaas van bid, het ek bekommerd begin raak oor my situasie. Ek het probeer dink wat ek aan die situasie kan doen.

Skielik hoor ek ‘n stil, sagte stem in my gees wat sê: Joyce, gaan jy jou problem aanbid of vir my?

Jy sien, God was meer as gewillig om my probleem te hanteer, as ék gewillig was om dit te laat gaan en om my tyd te bruik om Hom te aanbid.

Wanneer ons God aanbid, stel ons die emosionele of verstandelike las vry wat ons so vas hou. Dit word ingesluk deur die asemrowendheid van God. Wanneer ons ons oë op Hom hou en Hom aanbid, sal ons altyd sien hoe Sy plan vir ons lewens uitwerk en hoe alle dinge vir ons werk.

Die Bybel sê daar is geen gebrek vir dié wat Hom werklik aanbid met goddelike vrees nie. Wil jy hê dat daar in al jou behoeftes voorsien moet word? Onthou dan om God te aanbid en nie in bekommernis te leef nie.

Maak nie saak hoe moeilike dit is waardeur jy tans gaan nie, hou net aan om God te prys en Hom die glorie te gee. Geloof sal opstyg in jou hart en jy sal oorkom.


Gebedsbeginpunt

God, ek wil nie in bekommernis leef nie. In plaas daarvan, kies ek om U te aanbid. U is groot en kragtig en ek weet dat daar in my behoeftes voorsien sal word as gevolg van U goedheid en liefde vir my.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon