‘. . . Hy [sal] baie nasies voor jou verdryf . . . Wanneer die Here jou God hierdie nasies in jou hande oorgee en jy hulle oorwin, moet jy hulle heeltemal uitwis. Moenie ooreenkom- ste met hulle sluit nie en moenie hulle genadig wees nie.’ – Deuteronomium 7:1–2
Negatiewe gedagtes en woorde is ons vyande; hulle verhinder ons om die mense te wees wat ons wil wees. As ’n vyand jou probeer vernietig, selfs jou eie negatiewe gedagtes en woorde, weerstaan hulle met die krag van die Heilige Gees.
In Deuteronomium 7:1–2 lei die Here die Israeliete om grond wat Hy hulle belowe het, in besit te gaan neem, net soos Hy ons lei na die goeie lewe wat Hy ons belowe het. Daar was baie vyande teen hulle in aantog, net soos die duiwel teen ons in aantog is. God het vir die Israeliete gesê hulle moet die vyande ‘verslaan’ en ‘om die lewe bring’, hulle nie bejammer en nie ’n verbond met hulle sluit nie. Ons moet dieselfde doen met die goddelose gedagtes, woorde en dade wat ons bestemming by ons wil steel. Wees wakker, standvastig en staan die duiwel teë in sy aanslag (sien 1 Petrus 5:8–9).
Kraggedagte
Ek staan die dinge teë wat God se plan vir my wil kniehalter.