Moenie ‘n oordrewe opinie van jouself hê nie

Moenie ‘n oordrewe opinie van jouself hê nie

“Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg.” Galasiërs 6:3 NLV

Die Bybel waarsku ons baie teen trots. En ek kan nie genoeg klem daarop sit hoe gevaarlik trots is nie. Jy sien wanneer ons in trots val, gee ons die vyand ‘n groot plek van invloed in ons lewens.

Wanneer ons te veel van onsself dink, veroorsaak dit dat ons minder waarde in ander sien, ons vergeet om God te vertrou en ons ignoreer die waarheid dat ons niks sonder God is nie.

Hierdie tipe houding is afskuwelik vir die Here. Ons moet ‘n heilige vrees hê vir trots en onthou dat ons spesiaal en waardig is want God het ons lief en het ons vergewe, nie omdat ons wonderlike goed op ons eie kan verrig nie.

Dit is belangrik om te verstaan dat wanneer ookal ons goed doen in enige area, is dit omdat God ons die gawe van genade gegee het om dit te doen. Die oomblik wat ons dink ons verrig wonderlike goed in ons eie krag, val ons weer in trots in.

Onthou, ons behoort aan God. In plaas daarvan om ‘n oordrewe opinie van onsself te hê, kom ons fokus op God se grootheid en Sy liefde vir ons. Dit is deur Sy genade alleen wat ons sukses kan behaal in watookal Hy ons roep om te doen.

Gebedsbeginpunt:

Here, enigiets goed in my en my lewe kom van U. So ek maak myself nederig voor U en ek vra omverskoning vir enige trots wat ek dalk aan vashou, wetende dat wanneer ek sukses behaal is dit as gevolg van U genade en goedheid.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon