Hy is iemand wat nie tot ’n besluit kan kom nie; op so iemand kan jy nie peil trek nie. – Jakobus 1:8
Ons weet ongelukkig nie presies en vir seker wat God wil hê ons in elke situasie moet doen nie. Net soos almal anders moet jy vorentoe tree in geloof en uiteindelik die een of die ander ding doen.
Bid met jou hele hart dat as jy die verkeerde ding begin doen, God genadiglik daardie deur vir jou sal toemaak voordat jy ’n baie groot fout begaan. As jy nie vrede in jou hart het oor iets nie, moet dit dan nie doen nie. As jy na gebed en nadat jy gewag het op God se antwoord nog nie ’n duidelike aanduiding van God ontvang het nie, kan dit beteken Hy gee jou die vryheid om self te besluit. As jy ’n besluit neem wat verkeerd blyk te wees, sal God jou daar ontmoet en sorg dat jy terugdraai tot op die regte pad. Een ding is seker: God is genadig en ons hoef nie bang te wees om besluite te neem nie. Die beste manier om te leer is om te doen!
Kraggedagte
Ek is nie bang om ’n besluit te neem nie.