Moet Nooit Moed Opgee Oor Jou Toekoms nie

Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. (Jeremia 29:11)

Om nooit moed op te gee beteken om met vrymoedigheid en selfvertroue jou toekoms in te marsjeer, elke nuwe dag te sien as ‘n geleentheid om vorentoe te beweeg in die beste wat God vir jou het, en elke nuwe uitdaging as ‘n berg te aanvaar wat geklim moet word in plaas van ‘n rots wat jou sal verpletter.

Jy het ’n wonderlike toekoms voor jou, maar jy sal nie ten volle daarin kan inbeweeg en dit geniet as jou verlede jou steeds gevange hou nie. Die verlede het die potensiaal om jou daarvan te weerhou om die vreugde, vryheid en seëninge van die hede en die toekoms te ervaar – maar net as jy dit toelaat.

God wil hê jy moet jou aangesig na jou toekoms rig met hoop, moed en verwagting. Die beste manier wat ek ken om nooit op te gee oor jou toekoms nie, is om te weier om vasgevang te wees in jou verlede.


Vandag se Gedagte

Moenie toelaat dat die verlede die lewe wat jy vandag het en die toekoms wat jy môre het, steel nie. Jy moet laat gaan om aan te gaan.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Romeine 8:28; Jesaja 43:18-19

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon