’n Geval van ‘as’

Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge, nie deur dinge op die aarde nie. – Kolossense 3:2

Is jy een van die ‘as’-gevalle? Dit is ’n algemene wan­opvatting dat as ons dit of dat gehad het, ons die geluk en vervulling sou ervaar het wat ons so wanhopig begeer. Ons betrap onsself dat ons sê: As ek nie hoef te gewerk het nie, as ons meer geld gehad het, as ek ’n groter huis gehad het, as die kinders groot was, as ek getroud was, as ek nie getroud was nie …

Hou op dink dat jy gelukkig kon gewees het ‘as’ jou omstandighede anders was. Begin nou gelukkig wees, want God het jou lief en het jou reeds op verskeie ma­niere geseën. Ons ongelukkigheid kom gewoonlik uit ons self, en nie van iets om ons nie. Ek stel dus voor dat jy verantwoordelikheid aanvaar vir jou eie geluk en ophou om jou ongelukkigheid op iets of iemand anders te blameer. Diegene wat gelukkig is, is hulle wat besluit het om gelukkig te wees.


Kraggedagte

God het my geseën en ek is gelukkig!

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon