‘n Koord van drie stringe word nie maklik gebreek nie

‘n Koord van drie stringe word nie maklik gebreek nie

‘’Iemand kan die een aanval, maar die twee kan weerstand bied. ’n Driedubbele tou breek nie maklik nie.’’ —Prediker 4:12 NLV

Daar is niks beter as ‘n goeie huwelik nie en niks erger as ‘n slegte een nie. Christelike huwelike is bedoel as ‘n bewys dat twee mense ‘n sterk krag kan word om God se wil te bereik – sowel vir ons plesier en om die wêreld te beïnvloed.

Die vermenging van twee individue in een harmonieuse huwelik is egter ‘n proses wat nie alleen sal plaasvind nie. ‘n Goeie huwelik gebeur nie net nie, maak nie saak hoe verlief jy is as jy trou nie. Jy moet God in die proses innooi.

As ons Jesus ken en Hom innooi in ons huwelik, bestaan ons verhouding in drie dele. Daar is groot krag in die vereniging van ‘n man en vrou as Christus deel daarvan is.

Geluk in die huwelik gaan nie oor die vind van ‘n eggenoot wat altyd optree soos ons wil hê nie. Dit gaan oor twee onvolmaakte mense wat op ‘n perfekte God vertrou en voldoen aan Sy wil en doel daarmee. Dit is ‘n huwelik wat God kan seën!


Gebedsbeginpunt

Here, ek is lief vir my eggenoot, maar ‘n tweestringkoord is nie genoeg nie. Ek wil my deel doen om U in ons huwelik in te nooi, sodat U ons liefde vir mekaar kan versterk en ons kan lei in U plan vir ons.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon