’n Nuwe dag

Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier! – 2 Korintiërs 5:17

As ’n ‘nuwe mens’ hoef jy nie toe te laat dat dinge wat verby is jou nou nog beïnvloed nie. Jy is ’n nuwe mens met ’n nuwe lewe in Christus. Jy kan jou gedagtes vernuwe deur God se Woord te bestudeer en te leer van sy goeie plan vir jou. Goeie dinge gaan met jou gebeur, en jy kan dit begin glo.

Om die werklikheid te ignoreer is nie ’n wyse ding om te doen nie, maar al is ons werklikheid negatief, kan ons nog steeds ’n positiewe ingesteldheid hê. Wees altyd gereed om geestelik opgewasse te wees vir enigiets wat oor jou pad mag kom, en glo dat God goeie dinge laat voortspruit uit alle dinge.

Juig! Dit is ’n nuwe dag!


Kraggedagte

Ek is ’n nuwe mens in Christus.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon