‘n Nuwe Siening van God

God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was. (Romeine 5:8)

Miskien het jy ‘n heeltemal nuwe siening van God nodig – ‘n Bybelse siening, nie ‘n wêreldse siening, soos baie vandag het nie.

Ek kan jou verseker dat dit nie saak maak wat jy gedoen het of wat jy dalk verkeerd doen nie, God het jou lief en alhoewel Hy jou sal vra om te verander, het Hy nooit opgehou of sal Hy nooit ophou om jou lief te hê nie.

As jy Sy liefde te midde van jou onvolmaaktheid ontvang, sal dit jou bemagtig om jou weë met Sy hulp te verander. Vrees help ons nie om werklik te verander nie. Dit kan ons uitlok om ons gedrag vir ‘n tyd lank te beheer, maar tensy ons innerlik verander, sal ons nooit permanent verander nie; net God kan ons ‘n nuwe hart en ‘n nuwe natuur gee (sien 2 Korintiërs 5:17).

As ons God se liefde ontvang selfs terwyl ons nog sondaars is, sal ons dankbaarheid vir Sy groot genade maak dat ons Hom wil behaag, eerder as om vir Hom bang te wees.


Vandag se Gedagte

God is goed, vriendelik en barmhartig, lankmoedig, vergewensgesind, getrou en regverdig.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Deuteronomium 10:12; 1 Johannes 4: 7-12

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon