’n Tweesnydende swaard

Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit is skerper as ’n swaard wat twee skerp kante het. Dit sny diep tot binne-in ons innerlikste wese, tot in ons gewrigte en murg. Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop. – Hebreërs 4:12

In 2 Korintiërs 10:4–5 staan geskryf dat redenasies en hooghartige aanvalle wat nie in ooreenstemming is met God se Woord nie, alleenlik afgeweer kan word as ons ons geestelike wapens gebruik, nie fisieke wapens nie. Wanneer die Woord van God uit ons mond kom, word dit ’n tweesnydende swaard – dit verslaan die vyand met een snykant en open die hemel se seëninge met die ander snykant. Daar is vele ander verdedigingswapens wat ons beskerm teen aanvalle, maar die Woord is aanvallend – dit verslaan die vyand.

Soos met enige ander beginsel in God se Woord, sal dit nie werk tensy dit toegepas word nie. Om net die inligting tot jou beskikking te hê, sal niks verander nie. Geloof moet aktief wees. Dit moet vrygestel word. Ons kan God se Woord vrystel deur gebed, deur sy Woord hardop te bely en deur God-geïnspireerde dade.


Kraggedagte

Ek is met ’n tweesnydende swaard – die Woord van God – toegerus vir die stryd.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon