’n Vaste grondslag

“Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos ’n verstandige persoon wie se huis op rots gebou is.” – Matteus 7:24

Die belangrikste deel van enige gebou is ’n stewige fondament. Sonder ’n stewige fondament sal die gebou nie lank staande bly nie. Alles anders in die gebou word op daardie fondament gebou. As die fondament swak of gekraak is, sal niks wat daarop gebou word, veilig wees nie. Dit kan enige tyd verkrummel of inmekaar val, veral wanneer ’n storm dit tref en druk daarop uitoefen.

Die Bybel moedig mense aan om hul lewe te bou op Christus, ’n stewige rots, en hul lewe stewig en vas in Hom en sy liefde te wortel (sien Matteus 7:24–27 en Efesiërs 3:17). As jy jou lewe probeer bou op wat mense van jou sê en dink, hoe hulle teenoor jou optree, hoe jy self voel of op die foute in jou verlede, bou jy op sand wat gaan insak. Maar as jy daardie ou, gekraakte fondament inruil vir ’n stewige fondament, een gevestig op Christus en sy liefde, kan niks jou laat wankel nie.


Kraggedagte

Christus is my fondament.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon