
Daarmee vernietig ons die argumente, asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.– 2 Korintiërs 10:4–5
Wat probeer die Skrif hier sê? Wanneer daar ’n verkeerde gedagte in jou kop opkom, kan jy onmiddellik kies om dit nie te dink nie. Hoe dikwels sal jy die regte keuse moet maak? Die antwoord op hierdie vraag is elke dag, vir die res van jou lewe.
As dit vir jou oorweldigend klink om te dink jy sal dit vir die res van jou lewe moet doen, beskou dit as ’n voorreg in plaas van ’n verpligting. Dank God dat Hy ons die vermoë gegee het om vir onsself te dink. Dank Hom dat ons nie uitgelewer is aan lukrake gedagtes wat ons van buite af tref nie. Ons kan leer om volgens God se Woord te dink, en wanneer ons dit doen, ervaar ons die soort lewe waarvoor Jesus vir ons gesterf het.
Kraggedagte
Ek maak ’n einde aan verkeerde gedagtes sodra hulle in my kop opkom.