
‘Ons God, sal U nie oor hulle oordeel nie? Ons is magteloos teen hierdie groot leër wat op die punt is om ons aan te val. Ons weet nie wat om te doen nie, maar ons kyk op na U vir hulp.’ – 2 Kronieke 20:12
Die mense in hierdie vers het drie dinge besef: Hulle is magteloos teen hul vyande; hulle weet nie wat om te doen nie; en hulle moet hul oë gevestig hou op God.
Toe hulle hierdie dinge eers besef en dit openlik teenoor God erken het, het Hy vir hulle gesê: ‘Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie ’n saak vir julle nie, maar vir God … Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle’ (2 Kron. 20:15, 17, 1983-vertaling).
Jy moet net een posisie inneem, en dit is een van wag op die Here. Met jou oë gefokus op Hom, terwyl jy Hom verheerlik en dank, sal Hy alles ten goede vir jou laat meewerk.
Kraggedagte
Ek hou my oë op die Here; die geveg behoort aan Hom.