Oefen dankbaarheid

Oefen dankbaarheid

“Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees.” —Psalms 34:2 NLV

Ons almal weet dat ons dankbaar moet wees vir al ons seëninge. God sê vir ons in Sy Woord dat ons dankbaar moet wees, en ons weet vanuit ons eie ervaring dat wanneer ons God ernstig begin prys, weeg ons laste en swaarkry baie ligter op ons skouers.

Dawid sê: “ek sal te alle tye die Here loof, Sy lof sal altyd op my lippe wees… die regverdige kan baie rampe ervaar, maar uit elkeen van hulle red die Here hom (Psalms 34:2,20).”

Dit is die krag van dankbaarheid. Nie net help dit ons om vry te kom nie, maar soos ons stop om dankie vir God te sê vir die seëninge wat ons in ons lewens ervaar, so begin ons meer seëninge ervaar en daar is meer om voor dankbaar te wees!

Ek wil jou aanmoedig vandag om tyd te vat om dankbaarheid te oefen. Daar is soveel vir ons om voor dankbaar te wees, en ons moet op dit fokus – elke liewe dag. Onthou die vermaning van die psalmis: Gaan sy poorte in met dankliedere, sy hofsaal met lofgesange. Dank Hom en prys sy naam (Psalms 100:4).


Gebedsbeginpunt

Liewe God, die krag van dankbaarheid is werklik ongelooflik. Dankie dat U my daagliks seen en werk in my lewe. Ek weet dat sonder U, het ek niks, so ek dank U vir die goedheid wat U my gewys het.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon