Om die waarheid in die gesig te staar, bring ‘n gelukkiger lewe

Om die waarheid in die gesig te staar, bring ‘n gelukkiger lewe

‘’Ondersoek julleself of julle in ’n egte geloofsverhouding met Christus staan. Toets julleself. As julle nie daarvan oortuig is dat Christus in julle woon nie, het julle die toets nie geslaag nie.’’ —2 Korintiërs 13:5 NLV

Niemand kan van ‘n probleem vrygestel word voordat hul bereid is om te erken hulle het een nie. ‘n Dwelmverslaafde of iemand wat beheer oor hul lewe verloor het, is gedoem om te ly totdat hul kan sê: ‘’Ek het ‘n probleem en ek het hulp nodig daarmee.’’

Alhoewel ons probleme oor ons gebring is as gevolg van iets wat teen ons wil gedoen is, hoef ons nie toe te laat dat die probleem voortduur, groei en beheer oor ons hele lewe neem nie. Ons ervarings in die verlede het ons miskien gemaak soos ons is, maar ons hoef nie so te bly nie. Ons kan die inisiatief neem deur positiewe stappe te neem om dinge te verander – en ons kan dit met die hulp van die Heilige Gees doen.

Wat die probleem ook al is, jy moet die waarheid in die gesig staar en persoonlike verantwoordelikheid aanvaar. Die Bybel sê dat ons onsself moet evalueer. Dit mag dalk skrikwekkend lyk, maar Jesus Christus is in jou en kan jou help deur enige probleme van die verlede.

Staar die waarheid in die gesig – dit kan die begin van ‘n gelukkiger lewe wees!


Gebedsbeginpunt

Heilige Gees, ek wil nie leef in ontkenning en vrees vir my probleme nie. Ek kies om myself te evalueer en te kyk wat agter die probleme lê, want ek weet U kan my help om deur dit te werk om ‘n gelukkiger lewe te hê.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon