Hoe ongelooflik wonderlik is God nie – hoe ontsaglik ryk en wys en vol kennis is Hy nie! Sy beslissings gaan ons begrip te bowe; sy manier van doen kan ons nie deurvors nie. (Romeine 11:33)
God belowe om ons insig te gee in verborgenhede en geheime terwyl ons Hom soek (sien Efesiërs 1:9; 17), en tog word ons ook deur die apostel Paulus vertel dat ons net ”gedeeltelik” weet en nie alles weet totdat ons van aangesig tot aangesig by Jesus is nie (12 Korintiërs 13:9-10).
Vertroue vereis onbeantwoorde vrae. God openbaar baie dinge aan ons en gee vir ons antwoorde op komplekse probleme, maar daar is tye wanneer ons nie die antwoorde vir ‘n situasie kon ontvang nie, al het God dit gegee. Ons beperkte verstand is nie in staat om sekere dinge te begryp wat net God weet nie.
Dit is een ding om God te vertrou wanneer dinge in ons guns gaan en ons alles verstaan, maar dit is heel anders om God te vertrou wanneer ons nie heeltemal verstaan hoekom ons deur iets gaan nie. My mening is dat dit ‘n veel groter geloof verg om laasgenoemde te doen.
Vandag se Gedagte
Daar is prag daarin om God te vertrou en jou geloof in Hom te plaas in alle seisoene van jou lewe.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Psalm 37:3-6; Job 11:7-9