Om te kla is sonde!

Om te kla is sonde!

“Gaan sy poorte in met dankliedere, sy hofsaal met lofgesange. Dank Hom en prys sy Naam”. Psalms 100:4 NLV

In Efesiërs 4:29 gee die apostel Paulus ons instruksies om nie enige vuil taal te gebruik nie. Ek het nie altyd besef dat dit klaery insluit nie, maar ek het al geleer dat om te kla en te murmureer ons lewens besoedel.

Dis eenvoudig, om te kla is sonde! Dit veroorsaak dat ons baie probleme het en maak dit vir niemand lekker om na ons te luister nie. Ons moet onsself afvra, hoe vinnig word ons ongeduldig en begin kla as die verkeer sleg is of as ons lank in ‘n winkelry moet wag? Hoe vinnig wys ons die foute uit van familielede of vriende? Kla ons oor ons werk terwyl ons eintlik vir God moet dankie sê dat ons wel ‘n werk het?

Die beste teenmiddel vir klaery is danksegging. Werklike dankbare mense kla nie. Hulle is te besig om dankbaar te wees vir die goeie goed wat hulle het dat hulle nie die tyd het om agter te kom wat hulle oor kan kla nie.

Die Bybel sê dat ons in God se huis moet inkom met lofsang en danksegging. Ek en jy moet dit as ons daaglikse doelwit stel om te leef met ‘n hart van danksegging. Kom ons wees so positief en dankbaar as moontlik.

Probeer vanaand bed toe gaan en aan alles te dink waarvoor jy kan dankbaar wees. Laat dit ook die eerste ding wees wat jy in die oggend doen. Dank God vir die klein goedjies wat jy dalk vanselfsprekend neem soos: ‘n parkeerplek, om betyds op te staan vir werk, ‘n maaltyd, jou familie… Moenie moedeloos raak as jy misluk nie, maar moet ook nie tou opgooi en moed opgee nie. Hou aan totdat jy ‘n nuwe gewoonte gekweek het en jy leef met ‘n dankbare gesindheid.

Wees vrygewig met jou dankbaarheid. Dit sal jou verhouding met God verdiep.


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil lewe met ‘n gesindheid van dankbaarheid, sommer van nou af! Ek dank U dat U my so lief het en my seën. Help my om die positiewe dinge in die lewe raak te sien sodat ek daarvoor kan dankbaar wees.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon