“Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het na my afgebuig en my geroep gehoor, en my opgetel uit die afgrond van die dood, uit die modder en die slym. Hy het my voete op ’n rots laat staan en my op vaste grond laat loop.” —Psalms 40:2-3 NLV
Die meerheid mense sal God toelaat om hulle te help net wanneer hulle dink hulle het dit verdien. Op ‘n tyd in my lewe was ek ook so.
Vir jare het ek gevoel dat God my net moet help as ek gedink het dat ek dit verdien, wanneer ek genoeg goeie werke gedoen het om Sy hulp te verdien.
Daardie tipe denke produseer nie ‘n gesindheid van dankbaarheid nie. As ons dink dat ons verdien wat ons kry, dan is dit nie meer ‘n geskenk nie maar ‘n beloning of “betaling vir dienste gelewer”.
Die verskil tussen om te ontvang wat ons nie verdien en ontvang wat ons wel verdien, is die verskil tussen werke en genade.
Ek wil jou aanmoedig om jou hart oop te maak en om God se genade toe te laat om in jou lewe in te kom en jou te help met jou alledaagse lewe.
Onthou dat wanneer jy gefrustreerd voel, is dit omdat jy in jou eie krag leef en jy moet terug in Sy genade beweeg dat Hy deur jou kan werk.
Leer hoe om God toe te laat om jou ‘n guns te doen. Hou op om te probeer om God se hulp te wen en laat toe dat Hy in elke behoefte van jou voorsien.
Gebedsbeginpunt
Here, ek besef die dwaasheid om net U hulp te aanvaar as ek voel of ek dit verdien het. Ek gee op met my eie werke en aanvaar U genade. Dankie dat U my help in elke situasie, selfs al verdien ek dit nie.