Ons geestelike erfenis

Ons geestelike erfenis

“Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om net soos sy Seun te word. Op hierdie manier sal Christus Jesus die oudste seun wees, omring deur baie broers en susters.” —Romeine 8:29 NLV

Jesus het aarde toe gekom om die perfekte, sondelose offer te wees vir ons, omdat ons nie in staat was om perfek in die natuurlike realm te wees nie. As gevolg van sy opoffering, kan ons elke dag meer soos Jesus word.

En ontvang ons geestelike erfenis wanneer ons lewe soos Jesus gelewe het.

Om in geregtigheid te leef soos Jesus geleef het, gebeur nie oornag nie en ons sal almal struikel met tye. As ons dan wel perfek was, sou ons nooit ‘n Verlosser nodig gehad het nie!

Nogsteeds moet ons in ons harte die begeerte koester om ons geestelike erfenis te vervul en te geniet. Ons moet ook leer om God te vertrou, wetende dat Hy ons sal ontwikkel in die beeld van Sy Seun, Jesus Christus.

Efesiërs 1:11-12 sê: In Hom… het ons ook deel van God se eie erfdeel geword… Sodat ons die eerstes was wat ons hoop op Christus geplaas het en dat God se grootheid deur ons bestaan verheerlik word.

Jy het ‘n erfenis, en God wil hê jy moet leef met vrede en die sekuriteit wat kom van die feit dat jy weet wie jy is en Wie s’n jy is.

Sal jy God vertrou en Hom toelaat om jou daagliks te verander, om jou meer en meer soos Sy Seun te maak?


Gebedsbeginpunt

God, dankie vir my geestelike erfenis in Jesus. Ek vertrou U, wetende dat U my kan skaaf tot in die beeld van U Seun, een dag op ‘n slag.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon