Ontdek God se Beste

Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte geskep het. Anders as die hemelligte, staan Hy onbeweeglik vas. Selfs sy skaduwee verskuif nie soos hulle s’n nie. (Jakobus 1:17)

God het jou lief en Hy wil ‘n diep, intieme, persoonlike verhouding met jou hê. Hy het jou so lief dat Hy sy Seun, Jesus gestuur het sodat jy die heel beste lewe wat Hy kom bied het, kan geniet.

God speel nie gunstelinge nie (sien Handelinge 10:34) en elke belofte in Sy Woord is net so van toepassing op jou as enigiemand anders. Ja, jy kan die seëninge, guns, vrede en vreugde ontvang wat as kind van God kom. As jy God vertrou en Hom heelhartig volg, sal jy jou beste lewe in Hom ontdek.

God het ‘n groot doel met jou en ek moedig jou aan om nie met iets minder tevrede te wees nie. Hy wil jou seën en vir jou ‘n lewe gee wat jou nie net opgewonde maak nie, maar ook vervul en vir jou groot vreugde en soet bevrediging bring. Dit sal jou ook uitdaag, strek en jou help om te ontdek dat jy in Christus meer kan doen as wat jy ooit gedink het.


Vandag se Gedagte

Jesus het gekom sodat jy die lewe ten volle kan geniet.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Spreuke 16:3; Palm 138:8

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon