Ontwikkel jou potensiaal en doen nou iets

Ontwikkel jou potensiaal en doen nou iets

“Pak alles gemoti­veerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie.” —Kolossense 3:23 NLV

Jy mag dalk weet dat God jou geskape het met groot potensiaal, maar jy kan nie daar stop nie. Jy moet jou potensiaal ontwikkel.

Ek glo dat soveel mense ongelukkig is omdat hulle niks doen om hul potensiaal te ontwikkel nie. As jy wil sien hoe jou potensiaal tot sy volle kapasiteit ontwikkel, moenie wag totdat alles perfek is nie. Doen iets nou. Begin met watookal nou in jou hand is.

Jy moet jou potensiaal vorm gee deur iets daarmee te doen. As daar ‘n begeerte in jou hart is om ‘n nuwe geleentheid aan te pak, stap dan uit en vind uit of God jou die gawe gegee het om dit te doen. Jy sal nooit alles kan ontdek wat jy bekwaam is om te doen as jy nooit iets probeer nie.

Ek wil jou bemoedig om vrees teen te staan wanneer jy in geloof uitstap om jou potensiaal te ontwikkel. God se perfekte liefde dryf vrees uit, so ons hoef nie verlam van vrees te wees dat ons dalk ‘n fout gaan maak nie. En dit voel dalk vir jou veilig om binne jou gemaksone te bly, maar jy sal nooit sukses behaal in jou potensiaal of vervuld wees in wat jy doen nie.

So wees vasbeslote en maak ‘n besluit om uit te stap in dit wat God jou lei om te doen.

Jy is vol God-gegewe potensiaal en Hy wil meer deur jou lewe doen as wat jy jouself ooit kan indink, maar dit verg jou samewerking. Stap uit en dien Hom met alles in jou vandag.


Gebedsbeginpunt

Here, in alles wat ek doen, wil ek U dien met my hele hart. Dankie dat U my aanmoedig om uit te stap en aksie te neem om die potensiaal wat U my gegee het te ontwikkel.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon