Oortuiging is nodig

Oortuiging is nodig

“Die Here dissiplineer juis die mense vir wie Hy lief is; Hy tug elkeen wat Hy as sy kind aanneem.” —Hebreërs 12:6 NLV

Ek wil nooit uit gemeenskap met die Here wees nie. Ek moet Hom hê om deur elke dag van my lewe te kom.

Dit is hoekom ek so dankbaar is vir die oortuiging van die Heilige Gees.

Hy laat my weet as ek iets doen wat God hartseer maak of as iets tussen my en God se kommunikasie en verhouding kom. Hy oortuig my van wat reg is.

God het ons liewer as wat ons ons eie kinders het, en in Sy liefde, tug Hy ons. Hy vertel ons wanneer ons op die verkeerde pad is. As dit nodig is, mag Hy ons vyftien verskillende maniere vertel om ons aandag te kry.

Sy boodskap van oortuigingende liefde is oral. Hy wil hê ons moet vir Hom luister want Hy het ons lief. Maar as ons aanhou in ons weë, sal Hy sekere voordele en seëninge van ons weerhou omdat Hy wil hê ons moet grootword sodat ons die beste vir ons lewens kan hê.

Onthou, as jy oorgee aan Sy oortuiging, sal dit jou oplig uit sonde uit en jou terug lei na die hart van God toe.

Laat oortuiging jou uitlig na ‘n nuwe vlak in God. Moenie dit weerstaan nie; ontvang dit!


Gebedsbeginpunt

Here, ek weet U is lief vir my en wil die beste vir my hê. Baie dankie dat U my gekorrigeer en gedissiplineer het toe ek in sonde was en foute gemaak het. Ek wil so na aan U wees as moontlik, so help my om nie toe te laat dat enigiets tussen U en my kom nie. Ek het U lief!

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon