Opoffering in die huwelik

Opoffering in die huwelik

“Al sou ek enige taal op aarde of selfs in die hemel kon praat, maar ek kom die liefde kort, het ek ’n galmende trom of ’n klinkende simbaal geword.” 1 Korintiërs 13:1 NLV

Vroeg in ons huwelik, het God my al begin leer dat om vir Dave werklik lief te hê, gaan beteken dat ek soms moet opofferings maak. Tot en met daardie tydstip, wou ek altyd my sin gehad het en was baie soos die klinkende simbaal wat genoem word in 1 Korintiërs 13:1.

Liefde is die hoogste vorm van volwassenheid. Dit vereis baie keer ‘n opoffering as geskenk.

As die liefde nie een of ander tipe opoffering van ons part vereis, sal ons dalk nooit regtig daardie persoon liefhê nie. As daar geen opoffering in ons aksies is, reageer ons dalk bloot net op iets wat hulle vir ons gedoen het of ons maak of ons vriendelik is om ‘n tipe beheer oor hulle te kry.

Dit is belangrik om te verstaan dat ware liefde gee van homself. So jou besluite moet altyd in jou maat se belange omsien. Wanneer jy dit doen, gee jy van jouself.

God se begeerte vir mans en vrouens is om mekaar lief te hê met baie opoffering en sonder enige voorwaardes. Dit beteken dat jy nie altyd jou sin kry nie. Maar die goeie nuus is dat wanneer ‘n man en vrou albei hul selfsugtige begeertes opoffer, dat hulle ‘n triomfantlike huwelik sal hê!


Gebedsbeginpunt

God, ek wil in ware liefde wandel in my huwelik. Ek maak ‘n besluit vandag om nie altyd my eie wil te dryf nie, maar om gewillig te wees om op te offer vir my maat.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon