God sal in jou behoeftes voorsien

‘En wat klere betref – wat bekommer julle julle daaroor?

Leer hierdie les van die veldlelies wat so pragtig in die blom staan. Hulle sloof hulle nie af om vir hulleself klere te maak nie . . . As God dan die veldplante wat vandag daar is en môre verbrand word, so mooi aantrek, hoeveel te meer sal Hy nie vir julle sorg nie? Is julle geloof dan so klein?’ – Matteus 6:28, 30

Sommige mense voel behoeftig omdat hul gesin hulle seergemaak of in die steek gelaat het; ander voel behoeftig weens persoonlike ervarings wat vir hulle verlies veroorsaak het. Al hierdie omstandighede veroorsaak dat mense bang is dat hulle in die steek gelaat gaan word wanneer hulle hulp nodig het. Maar God wil nie hê ons moet in vrees lewe dat ons gaan verloor wat ons het, of nie gaan hê wat ons nodig het nie. Laat ons op God vertrou om altyd in ons behoeftes te voorsien en ons nooit te verlaat nie. Ons behoort Hom te eer deur te glo Hy is goed en deur te verwag dat Hy in ons behoeftes sal voorsien – soos Hy ons in sy Woord belowe.


Kraggedagte

Ek vertrou God dat Hy in al my behoeftes sal voorsien.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon