‘’Die dinge wat Ek beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word. Wag geduldig, al voel dit of dit stadig gaan. Wees seker dit gaan gebeur, dit sal nie onnodig talm nie.’’ – Habakuk 2:3 NLV
Wag jy vir die begeertes van jou hart om te manifesteer? Bid jy vir vryheid van vrees of ander dinge wat jou terughou sodat jou drome waar kan word? Wag en bid jy vir die redding van vriende en familie? Vertrou jy op God vir voorsiening, guns, bevordering, eer en seëninge wat in Sy Woord gevind kan word? Is jy moeg om te wag vir antwoorde op jou gebede? As jy gefrusteerd is, en wonder, wanneer God, wanneer? dan is dit belangrik om te weet dat die tydsberekening van God dikwels ‘n raaisel is. Hy doen nie dinge volgens ons tyd nie. Tog beloof Sy Woord dat hy nie een dag laat sal wees nie.
God laat dinge presies op die regte tyd gebeur! Dit is nie jou taak om uit te vind wanneer nie, maar om te besluit dat jy nie moed sal opgee voordat jy die wenstreep oorsteek en in die radikale, wonderlike seëninge van God leef nie! Hoe meer jy op Jesus vertrou en jou oë gerig hou op Hom, hoe meer sal jy lewe. Om op God te vertrou bring lewe. Geloof bring rus. Hou dus op om alles te probeer uitredeneer en laat God God wees in jou lewe.
Gebedsbeginpunt
Here, ek weet U tydsberekening is perfek, selfs al word ek moeg om te wag. Help my om op U te vertrou en te rus in U plan vir my.