“…as jy kos gee vir dié wat honger is en hulle help wat verdruk word, sal jou lig skyn in die donkerte en jou nag sal word soos helder dag.” —Jesaja 58:10 NLV
God is passievol daaroor om mense te help wat seer het en in nood is. Deur die jare, soos ek nader aan Hom gekom het en my liefde vir Hom gegroei het, het ek meer gedetermineerd geword om te leef in ‘n manier wat iemand anders se lewe sal beter maak. God se passie het my passie geword.
Om uit te reik na ander is nie iets wat ons net oor kan praat nie. Dit moet ‘n top prioriteit wees van ‘n Christen leefstyl.
Dit vat determinasie en toegewydheid om onsself te strek om ander te help, maar dit is hoe God wil hê ons moet leef. God sê dat wanneer jy werklik gee en jouself uitstort vir ander, sal Hy jou gebruik. Jou lig sal skyn in die donkerte en jou nag sal word soos helder dag (Jesaja 85:10 NLV).
As jy uitreik bo jou eie situasie en Christus se liefde bring na ander, sal jou vrede en vreugde vermeerder en die uitdagings wat jy verduur laat voel of dit verdwyn. En jy sal die wonderlike bevrediging ervaar van ‘n verskil maak waar dit saakmaak.
So oorweeg dit: moet jy jou prioriteite verander om God se passie jou passie te maak? Vra Hom om jou te wys hoe jy kan uitreik na ander en Sy lig en liefde aan dié wat dit die nodigste het.
Gebedsbeginpunt
Here, ek wil hê dat U passie, my passie word. Wys my hoe om my prioriteite te verander om uit te reik na ander in die manier wat U wil hê ek moet.