Aangesien julle saam met Christus tot ’n nuwe lewe opgewek is, streef na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge, nie deur dinge op die aarde nie. – Kolossense 3:1–2
Kolossense 3:2 sê vir ons om ons gedagtes te rig. Om jou ‘gedagtes te rig’ beteken om ’n vaste besluit te neem oor hoe om ’n situasie te hanteer en jou gedagtes dan op daardie koers te hou. Dit beteken om by een gedagte te bly en nie op twee gedagtes te hink nie. Ons kan onsself voorberei om ’n moeilike situasie te hanteer deur ons gedagtes op die toekoms te rig – om vir onsself te sê dit maak nie saak wat gaan gebeur nie, ons sal dit kan hanteer en doen. As jy jou in ’n onbenydenswaardige posisie bevind, maar jy weet jy is waar God wil hê jy moet wees, moenie gedagtes begin dink wat jou vasberadenheid kan benadeel nie. Moenie jouself swak ‘dink’ nie, maar sê liewer: Ek is sterk in Christus en ek kan doen wat Hy ook al wil hê ek moet doen.
Kraggedagte
Ek rig my gedagtes en hou koers in die rigting van sukses.