Ruil Bekommernis vir Vrede

Gee jou kommer oor aan die Here. Hy sal vir jou sorg. Hy sal gelowiges nie teleurstel nie. (Psalm 55:23)

God wil vandag met jou ‘n ruiltransaksie aangaan. Hy wil hê dat jy Hom al jou bekommernisse, probleme en mislukkings moet gee. In ruil daarvoor sal Hy jou Sy vrede en tevredenheid gee.

God wil regtig vir ons sorg, maar om dit te laat gebeur moet ons ophou om alles self te probeer regmaak en ons te bekommer oor elke probleem wat ons teëkom. Soms wil ons hê dat God vir ons moet sorg, maar in plaas daarvan om te vertrou, is ons bekommerd en probeer ons maniere vind om onsself te help deur redenering.

God sal vir jou Sy vrede gee, maar eers moet jy Hom jou bekommernis gee. Wat ‘n wonderlike ruiltransaksie! Jy kan God al jou bekommernisse gee en dan vertrou dat jou antwoord op pad is.


Vandag se Gedagte

Jy hoef nie al die antwoorde te hê nie … en dit is goed! God ken die einde van die begin af en Hy het alles reeds uitgepluis. Vertrou Hom en doen die ruiltransaksie vandag.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer 1 Petrus 5:6-7; Jesaja 26:3

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon