“Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. (Matteus 11:28)
Ons het ‘n diep behoefte om in te gaan in wat die Skrif die rus van God noem. Dit is meer as net ‘n fisiese rus – dit is ook ‘n geestelike, verstandelike en emosionele rus.
Jesus het gesê dat as ons na Hom toe kom, Hy ons rus vir ons siele sal gee. Die apostel Paulus leer ons dat ons die rus van God kan binnegaan as ons op God vertrou (sien Hebreërs 4:3).
As ons dit sal ontvang, sal God ons vrede en rus gee van enige vrese en frustrasies, gedagtes van twyfel en onsekerheid, en selfs die daaglikse sleur van die lewe. Al wat ons moet doen is om ons bekommernisse op God te werp en Hom te vertrou. Die oomblik wat ons dit doen, dan en eers dan rus ons van die vermoeidheid van ons eie werke.
Vandag se Gedagte
God het jou lief en is tevrede met jou omdat jy Sy kind is. Rus vandag in daardie waarheid.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Genesis 2:2; Psalm 4:8