
‘Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe kry. Want my juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra.’ – Matteus 11:29–30
Om met ‘rus en nuwe moed’ te leef omdat die lewe wat God bied ‘sag’ en ‘lig’ is, klink wonderlik, nie waar nie? Ek is seker jy het al oorgenoeg swaar dinge in jou lewe ondervind; ek het ook en daarom wil ek graag vry wees daarvan. Dit is lekker om te weet jy hoef jou nie oor dinge te bekommer nie, dat jy nie alles self hoef uit te sorteer of al die laste in jou lewe self hoef te dra nie. Dit is inderwaarheid baie gerusstellend om te besef ek hoef nie alles van alles af te weet nie!
Ons moet gemaklik kan sê: ‘Ek weet nie wat die antwoord op hierdie dilemma is nie en ek gaan my nie oor enigiets bekommer nie, want God is in beheer, en ek vertrou Hom. Ek gaan in Hom rus en met nuwe moed voluit lewe!’
Kraggedagte
Ek vertrou God met die swaar en moeilike dinge in die lewe.