
Luister na my. Ek het iets belangriks om te sê. Elke woord uit my mond is opreg. – Spreuke 8:6
In hierdie vers neem Dawid ’n besluit oor hoe om te praat, en ons behoort dieselfde te doen. Net soos ons ons gedagtes kan rig, so kan ons ons woorde rig met God se hulp. Ons moet kies om dinge te sê wat die moeite werd is.
Ons woorde beïnvloed ons en die mense om ons. Hulle beïnvloed ook wat God vir ons kan doen. Ons kan nie ’n negatiewe mond en ’n positiewe lewe hê nie. In 1 Petrus 3:10 hoor ons: ‘As iemand die lewe wil liefhê en goeie dae wil beleef, moet jy jou tong weghou van kwaadpraat en jou lippe van leuens.’
Watter soort lewe wil jy hê? Wil jy ’n lewe hê wat die moeite werd is? Indien wel, moet jy versigtig wees met jou keuse van woorde. Verander jou woorde en jy sal jou lewe verander!
Kraggedagte
Ek kies om te praat oor dinge wat waardevol, belangrik, opreg en die moeite werd is.