
As ’n mens God ken, kan jy jouself dissiplineer. Selfdissipline bring weer mee dat ’n mens kan uithou en aanhou, en hierdie volharding loop uit op ’n lewe naby aan God. – 2 Petrus 1:6
As gelowiges wat in Jesus Christus glo, het God ons ’n nuwe natuur gegee, maar terselfdertyd moet ons die ou natuur in toom hou. Wanneer ons die ou natuur toelaat om ons te regeer, sal ons ons gevoelens volg in plaas van om met selfdissipline op te tree. Selfdissipline is die vrug van ons nuwe natuur, en al wat ons moet doen, is om dit te ontwikkel. Ons kan selfdissipline ontwikkel deur dit te gebruik, net soos ons spiere ontwikkel deur dit te gebruik.
Om selfdissipline toe te pas is ’n vorm van vryheid. Jy hoef nie te doen wat jy voel jy moet doen nie. Jy is vry om te doen wat jy weet verstandig is om te doen. Selfdissipline en selfbeheer sal jou help om die persoon te wees wat jy wil wees. Moenie sê: ‘Ek het net nie selfdissipline nie.’ Die waarheid is dat jy dit het, maar dat selfdissipline beoefen moet word as jy wil hê dit moet sterk word.
Kraggedagte
Ek pas selfdissipline toe.