Siekte is nie net fisies nie!

Siekte is nie net fisies nie!

“Die Gees van die oppermagtige Here het op my gekom. Die Here het my gesalf om goeie nuus te bring vir arm mense. Hy het my gestuur om dié wat hartseer is, te troos, om vir die gevangenes vryheid aan te kondig, en vrylating vir dié in die tronk.” —Jesaja 61:1 NLV

Die Bybel leer ons dat Jesus gekom het om ons wonde te genees, om ons gebroke harte weer heel te maak en ons eer te gee in plaas van droef (sien Jesaja 61:1-3).

Baie Christene lees hierdie skrif en weet dat God ons wil genees van fisiese en geestelike siekte, maar daar is soveel meer as dit. Die waarheid is dat ons emosies deel is van ons wese en dit kan ook siek raak soos enige ander deel van ons.

Die wêreld is vandag vol van mense wat ly aan emosionele pyn. Die oorsaak is gewoonlik mishandeling, verwerping, verlating, verraad, teleurstelling, oordeel, kritiek of ander negatiewe gedrag deur ander. Die emosionele pyn kan soms baie erger wees as fisiese pyn want mense voel dat hulle dit moet wegsteek of maak asof dit nie werklik is nie.

As jy ‘n emosionele wond in jou lewe het, moet jy weet dat Jesus jou wil genees. Moenie die fout maak om te dink dat Hy nét geinteresseerd is in jou fisiese of geestelike welstand nie. Vat jou wonde na Hom toe. Jesus wil jou genees op elke plek waar jy seer het!


Gebedsbeginpunt

Here, dankie dat U omgee vir elke deel van my wese…insluitende my emosies. Enige emosionele pyne of wonde wat ek het, bring ek nou na U toe. Ek weet dat U my kan genees en herstel.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon