“Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier.” —2 Korintiërs 5:17 NLV
Verkeerde keuses kan berou veroorsaak en wanneer ons berou ervaar moet ons dit hanteer en dit toelaat om ons te leer hoe om beter keuses in die toekoms te maak.
Ek verstaan eerstehands hoe verkeerde keuses na berou kan lei. Ek onthou ‘n keer, ‘n hele paar jaar gelede, toe ek na myself kyk en ‘n duidelike verskil sien tussen my en my man, Dave. Hy het sy hele lewe lank geoefen en is ‘n gesonde, sterk man en in goeie fisiese vorm.
Dadelik was ek baie spyt dat ek nie so sterk soos Dave was nie, maar toe besef ek kan eintlik iets daaraan doen. Ek oefen nou gereeld en is verstom oor die positiewe verskil wat dit maak.
Die Bybel sê dat met God is jy ‘n nuwe skepping. Jy hoef nie meer in jou ou weë te leef nie, maar jy kan nou nuwe, beter keuses maak soos jy bekragtig word deur die Heilige Gees. As jy jouself in ‘n plek van berou bevind oor die onwyse keuses wat jy in die verlede gemaak het, moenie mislei word deur te dink dis te laat om iets daaraan te doen nie. Begin net nou deur te doen wat reg is en hou dan daarby.
Soos jy begin om nuwe keuses te maak, sal jy die lewe van genot in God se seëninge elke dag ervaar.
Gebedsbeginpunt
Heilige Gees, ek weet dat ek ‘n nuwe skepsel is. Ek wil nie in berou leef oor die verlede nie. Help my om goeie keuses te maak sodat ek die toekoms kan geniet wat U vir my het.